Innibos News Social

kykNET hoe rock Innibos nou

Nuuskantoor
5 Junie 2017

Die finaliste in die RockRumoer-kompetisie kan op 5 Julie op die kykNET Nou!-rockverhoog gesien word. Die finaliste is: After Robot, Pretorianers Generasie Stasie, Matt Carstens, Kirkland en Having Cows.

Die twee beste finaliste sal dan op Die Standard Bank-hoofverhoog op Donderdagaand, 6 Julie, saam met Arno Carstens, Hemelbesem, Mathew Mole, Majozi, The Black Cat bones en Vanfokkingtasties optree.

Die wenner kry R25 000 geborg deur Cell C plus ’n musiekvideo deur kykNET. Die beste sanger, kitaarspeler, tromspeler en baskitaarspeler kry elkeen R1 000.Die beoordelaarspaneel is Francois van Coke, Albert Frost en Neels van Jaarsveld.

Vir veredere inligting kontak die Innibos-kantoor op 013-741-5294 of besoek www.innibos.co.za

Foto: After Robot. Foto krediet: Innibos 2017

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *