News Social

Drie besondere solostukke deur Innibos 2017 aangebied

Nuuskantoor
5 Junie 2017

By Innibos vanjaar sal besoekers die topgehalte solostukke kan sien; Moedertaal met Sandra Prinsloo, Op my eish! met Neels van Jaarsveld en Rian met Riandeur radiopersoonlikheid Rian van Heerden.Innibos vind vanaf 5 tot 8 Julie in Nelspruit plaas.

In Moedertaal neem die karakter, Nellie, bestek op van haar lewe en vind berusting in haar herinneringe oor haar man, haar kind en die onvermydelike rivier van tyd.

In Op my eish! vertel Neels van Jaarsveld sy eie verhaal oor hoe dit voel om feitlik oornag volksbesit te word. Die stuk bied ’n kykie agter die skerms na die beste en snaakste stories van sy lewe, die vermaaklikheidsbedryf en sy kinderdae.

In Rian met Rian voer Rian van Heerden ’n onderhoud met homself oor uiteenlopende onderwerpe soos van gewig veloor tot gays, tot saansdansers en tokkelossies. “Wat lekker is van ’n onderhoudstruktuur is dat dit die kans bied om sekere kwessies aan die lig te bring soos ’n mens op geen ander manier kan nie.” Rian tree einde Junie uit as aanbieder van JacarandaFM se The Complimentary Breakfast.

Moedertaal:
•Woensdag, 5 Julie om 18:00,
•Donderdag, 6 Julie om 10:00,
•Vrydag, 7 Julie om 13:00.

Op my Eish!:
•Woensdag, 5 Julie om 10:00,
•Donderdag, 6 Julie om 14:00,
•Vrydag, 7 Julie om 18:00,
•Saterdag, 8 Julie om 09:00.

Rian met Rian:
•Woensdag, 5 Julie om 14:00,
•Donderdag, 6 Julie om 19:00,
•Vrydag, 7 Julie om 09:00,
•Saterdag, 8 Julie om 13:00.

Vir verdere inligting kontak Innibos-kantoor 013-741-5294 of besoek www.innibos.co.za

Foto: Rian van Heerden. Foto Krediet: Innibos

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *