Social

Heuwels fantasties

Heuwels Fantasties loods vyfde album

Die Heuwels Fantasties gaan hulle vyfde nuwe album bekendstel op 5 Mei. Die album getitel, OKAY, sluit oorspronklike werke uit die groep se eie pen in, maar daar is ook liedjies saam met bekendes soos Valiant Swart, JR en Hanu de Jongh.  Verder is daar ook bydraes deur Janine Neethling (klavier), Adriaan Brand (trompet), Hiram Koopman ( saksofoon) en Jannie van die Gereformeerde Blues Band (tuba en tromboon).Die lede van Heuwels Fantasties is Pierre Greeff, Hunter Kennedy, Fred den Hartog en Sheldon Yoko.
 “Op hierdie stadium voel dit vir ons asof die liedjies op die nuwe album, meer as die voriges, amper apart op hulle eie eilande staan, maar tog saam – as ’n geheel – sin maak,” verduidelik Greef.  “Ons wou graag die tydstip waar ons onsself bevind, weergee. Dis amper asof elke musiek album is soos ’n foto album. Mens luister so half terug na hoe jy gevoel het toe jy dit geskryf het. Ons wil graag hê dat ons musiek ’n positiewe uitwerking op die luisteraar het.”
Die eerste enkelsnit vanaf die nuwe album, LED Liefde, is alreeds vrygestel. Dit het ‘n universele tema in hierdie digitale era, uitsonderlike klank en betekenisvolle lirieke.  Gaan kyk daarna by http://www.youtube.com/user/dieheuwels
Volg die groep op Facebook by www.facebook.com/dieheuwels/?fref=ts&ref=br_tf  en op Twitter: @DieHeuwels en Instagram:@DieHeuwels en by soundcloud.com/dieheuwels

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *